Episode 1 beskikbaar aanlyn.

Episode 1 – Vakansie

Ons is almal lief vir ʼn vakansie of sommer net ʼn vinnige wegbreek. Maar wat is die beste: kamp in ʼn tent, kamp in ʼn karavaan of oorbly in ʼn chalet? Gaan dit oor gerief of geld? Kom kyk hoe Prof en Jaco dit doen, en vind uit wat hulle oor die betrokke finansiële implikasies te sê het.

Episode 2 beskikbaar aanlyn.

Episode 2 – Stokperdjies

Prof hengel?! Op sigself is dit iets wat jy nie wil misloop nie! Die twee Jaco’s is kalm, en kompeterend, langs die Vaalrivier en maak ʼn paar lyne nat. Hulle gesels oor visvang – soos net twee rekenmeesters kan en nog meer, soos hoeveel dit nou regtig kos om ʼn baber te vang.
Episode 3 beskikbaar aanlyn.

Episode 3 – Sport

ʼn Knoeiery tydens ʼn fietswedren? Kom kyk hoe die haas en skilpad teen mekaar fietsry in die Koepel. Op wie is jou geld? Vind uit hoeveel geld jy aan fietsry kan bestee, en hoe jy dit regverdig. Enige iets om te wen, nie waar nie?

Episode 4 beskikbaar aanlyn

Episode 4 – Hoogtepunte

Hierdie episode gee ʼn oorsig van die hoogtepunte van episodes 1 tot 3. Ons kyk ook na die geldpersoonlikhede wat betrokke is by die neem van finansiële besluite, wat baie deur emosies gedryf word. Dit verskaf ʼn opsomming van alles wat ons in die eerste drie episodes geleer het. Daar is ook komiese verligting met ʼn paar “bloopers”.

Episode 5 beskikbaar aanlyn

Episode 5 – Tyd om te trou

Die twee Jaco’s daag ongenooid by ʼn troue op, vra onvanpaste vrae aan die skoonpa en dans met ʼn tannie – alles in die naam van navorsing. Wat kos ʼn troue nou eintlik? En hoe kan mens dit meer bekostigbaar maak – rekenmeesterstyl?

Episode 6 beskikbaar aanlyn

Episode 6 – Geld in verhoudings

Asof dit nie genoeg was om ongenooid by ʼn troue op te daag nie, loer die Prof en Jaco ʼn paartjie af! Hoe kan mens die angel van geldbesluite uit die verhouding haal? Hulle gaan selfs so ver as om sakgeld vir die vennote in die verhouding aan te beveel, en ja, vroue kry meer.

Episode 7  beskikbaar aanlyn

Episode 7- Kinders

Die Jaco’s is familiemense – groot familiemense. Van speel in die kleuterskool, rugby op laerskool en om uit ʼn hoërskoolklas gejaag te word, wys hulle jou hoe om die koste van die wonderwerk van kinders te navigeer, van wieg tot universiteit. Is jy gereed om uit te vind hoeveel jy moet spaar vanaf die dag wat hulle gebore word?

Episode 8  beskikbaar aanlyn

Episode 8- Hoogtepunte

Hierdie episode bring die hoogtepunte van episodes 4 tot 6 bymekaar. Dit som op wat in hierdie drie episodes geleer is. Jy ontvang wenke oor hoe om bekostigbare kwaliteit tyd saam met die belangrike mense in jou lewe deur te bring. Daar is komiese verligting met ʼn paar bloopers. 

Episode 9  beskikbaar aanlyn

Episode 9- Inkopies

Kan jy jou voorstel hoe die Jaco’s die weeklikse inkopies doen? Wie sal die begroting balanseer? Kry agter die skerms-wenke oor wanneer en wat om by ʼn supermark te koop.

Episode 10  beskikbaar aanlyn

Episode 10- Kar koop

Een van die Jaco’s word mislei om ʼn nuwe motor te koop, maar kan jy die verskil in vergelyking met die drie-jaar-oue-model raaksien? Vind uit hoeveel miljoene dit hom oor die volgende 40 jaar sal kos.

Episode 11  beskikbaar aanlyn

Episode 11- Huis koop

Ten slotte, die grootste aankoop wat die meeste mense ooit sal maak – ʼn huis. Wat moet jy oorweeg? Ontdek hoe jy twee afbetaalde eiendomme binne 20 jaar kan hê, sonder om jou huidige lewenstandaard aan te pas.

Episode 12  beskikbaar aanlyn

Episode 12- Huis koop

Hierdie episode gee ʼn oorsig van die hoogtepunte van episodes 9 tot 11. Dit verskaf ʼn opsomming van alles wat ons in hierdie drie episodes geleer het. Jy kry waardevolle begrotingswenke oor sommige van jou grootste uitgawes, wat tradisionele rekenmeesters dalk sal laat regop sit. Daar is ook komiese verligting met ʼn paar “bloopers”.