Jou Persoonlike Finansies Videoreeks
In hierdie program wil ons jou as kyker help om meer waarde vir jou geld te kry sodat jy jou geld regtig kan geniet. Ons gaan gesels oor al die lekker goed waarop ons ons geld kan spandeer, maar ook oor die ernstiger dinge; goed soos trou, huiskoop, karre koop, versekering, beleggings, skuld … dit waaroor mens nie gewoonlik wil praat nie. Die reeks word aangebied met ʼn kinkel – soos net rekenmeesters kan!
Jaco2 op Jou Afrikaans!
Jaco2 videoreeks is ook beskikbaar op jouafrikaans. Kliek hier of besoek www.jouafrikaans.co.za
Jaco² – Reeks 1
Episode 1 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 1 – Vakansies
Ons is almal lief vir ʼn vakansie of sommer net ʼn vinnige wegbreek. Maar wat is die beste: kamp in ʼn tent, kamp in ʼn karavaan of oorbly in ʼn chalet? Gaan dit oor gerief of geld? Kom kyk hoe Prof en Jaco dit doen, en vind uit wat hulle oor die betrokke finansiële implikasies te sê het.
Episode 2 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 2 – Stokperdjies
Prof hengel?! Op sigself is dit iets wat jy nie wil misloop nie! Die twee Jaco’s is kalm, en kompeterend, langs die Vaalrivier en maak ʼn paar lyne nat. Hulle gesels oor visvang – soos net twee rekenmeesters kan – en nog meer, soos hoeveel dit nou regtig kos om ʼn baber te vang.
Episode 3 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 3 – Sport
ʼn Knoeiery tydens ʼn fietswedren? Kom kyk hoe die haas en skilpad teen mekaar fietsry in die Koepel. Op wie is jou geld? Vind uit hoeveel geld jy aan fietsry kan bestee, en hoe jy dit regverdig. Enige iets om te wen, nie waar nie?
Episode 4 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 4 – Hoogtepunte
Hierdie episode gee ʼn oorsig van die hoogtepunte van episodes 1 tot 3. Ons kyk ook na die geldpersoonlikhede wat betrokke is by die neem van finansiële besluite, wat baie deur emosies gedryf word. Dit verskaf ʼn opsomming van alles wat ons in die eerste drie episodes geleer het. Daar is ook komiese verligting met ʼn paar “bloopers”.
Episode 5 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 5 – Trou-tyd
Die twee Jaco’s daag ongenooid by ʼn troue op, vra onvanpaste vrae aan die skoonpa en dans met ʼn tannie – alles in die naam van navorsing. Wat kos ʼn troue nou eintlik? En hoe kan mens dit meer bekostigbaar maak – rekenmeesterstyl?
Om te kwalifiseer vir die gratis Trou “Venue” prys, “like” Episode 5; sorg dat jy “Subscribe” tot ons YouTube kanaal. Onder aan die episode op YouTube, lewer kommentaar oor hoekom jy graag jou troue by Ourief sal wil hou. As bonus, deel sommer die episode se skakel (https://www.youtube.com/watch?v=7mVez4carPA) met ander op Facebook.
Episode 6 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 6 – Geld in verhoudings
Asof dit nie genoeg was om ongenooid by ʼn troue op te daag nie, loer die Prof en Jaco ʼn paartjie af! Hoe kan mens die angel van geldbesluite uit die verhouding haal? Hulle gaan selfs so ver as om sakgeld vir die vennote in die verhouding aan te beveel, en ja, vroue kry meer.
Om te kwalifiseer vir die huweliksvoorwaade kontrak, like, subscribe en deel wie jy dink die trofee moes gewen het in die kommentaar van episode 6 op YouTube.
Episode 7 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 7 – Kinders
Die Jaco’s is familiemense – groot familiemense. Van speel in die kleuterskool, rugby op laerskool en om uit ʼn hoërskoolklas gejaag te word, wys hulle jou hoe om die koste van die wonderwerk van kinders te navigeer, van wieg tot universiteit. Is jy gereed om uit te vind hoeveel jy moet spaar vanaf die dag wat hulle gebore word?
Om te kwalifiseer vir die NWU beurs, like, subscribe en besoek die NWU webwerf en deel een van die waardes van die NWU in die kommentaar van episode 7 op YouTube.
Episode 8 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 8 – Hoogtepunte
Hierdie episode bring die hoogtepunte van episodes 4 tot 6 bymekaar. Dit som op wat in hierdie drie episodes geleer is. Jy ontvang wenke oor hoe om bekostigbare kwaliteit tyd saam met die belangrike mense in jou lewe deur te bring. Daar is komiese verligting met ʼn paar bloopers.
Om te kwalifiseer vir die prys van die week, like, subscribe en lewer kommentaar van episode 8 op YouTube.
Episode 9 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 9 – Inkopies
Kan jy jou voorstel hoe die Jaco’s die weeklikse inkopies doen? Wie sal die begroting balanseer? Kry agter die skerms-wenke oor wanneer en wat om by ʼn supermark te koop.
Om te kwalifiseer vir die prys van ‘n R3000 Pick n Pay geskenkbewys lewer kommentaar op die video oor jou gunsteling inkopie besparingswenk.
Episode 10 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 10 – Kar koop
Een van die Jaco’s word mislei om ʼn nuwe motor te koop, maar kan jy die verskil in vergelyking met die drie–jaar–oue–model raaksien? Vind uit hoeveel miljoene dit hom oor die volgende 40 jaar sal kos.
Episode 11 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 11 – Huis koop
Ten slotte, die grootste aankoop wat die meeste mense ooit sal maak – ʼn huis. Wat moet jy oorweeg? Ontdek hoe jy twee afbetaalde eiendomme binne 20 jaar kan hê, sonder om jou huidige lewenstandaard aan te pas.
Episode 12 beskikbaar aanlyn – kliek hier.
Episode 12 – Hoogtepunte
Jaco² – Reeks 1 – Episodes 1 tot 12
Terme en voorwaardes geld, kliek hier.
Wie is ons?
Gebruik die skakel om jou Geldpersoonlikheid te bepaal.
In elke episode word konsepte geïllustreer met ‘n “Boeresom”.
Waar kom die naam”Boeresom” vandaan?
Die term bestaan uit twee dele: “boer,” wat plaasboer as persoon beteken, en “som,” wat beskryf kan word as “berekening.” Dit kom van die gebruik wat ontstaan het by entrepreneurs en spesifiek boere wat ‘n vereenvoudigde berekening op die agterkant van ‘n sigaretboksie sou doen (in die dae voor slimfone en rekenaars) , voordat hulle ‘n finansiële besluit neem. “Boeresom” verwys in wese na ‘n vinnige, eenvoudige, maklike en praktiese berekening . Die idee is dat dit n vinnige manier is om by n benaderde antwoord van n moeilike en komplekse berekening te kom, sonder om noodwendig ver daarvan te verskil. In die reeks het ons dit in Engels v ertaal as “ Sigarette pack calculation”.
Ons boek, Living Financially Carefree, is beskikbaar. Ja dit is in engels maar ons is hard besig met die Afrikaanse uitgawe wat binnekort beskikbaar sal wees.
As jy intussen die weergawe wil koop kliek hier.
Bestuur jou Persoonlike Finansies
Bespreek jou plek vir ons kortkursus oor die bestuur van jou persoonlike finansies.
Dankie aan ons Medewerkers.